Robbin at 5 years old
|
My seun kon amper sy lewe verloor het - Ronnie
Ek
is getroud met twee kinders. Voordat ek wedergebore was, het ek n
aggressiewe en hardkoppige houding gehad. My broers was altyd deur my gebullie,
maar die dag toe ek die Heilige Gees ontvang het, met die teken dat ek in ander
tale kon praat, was die negatiewiteit iets van die verlede. As ek terug dink,
kon my kinders ook deel uitgemaak het van die kinders mishandeling statistieke
van Suid Afrika. Nadat ek in water en Gees gebore was, het ek net liefde
teenoor my vrou en kinders geopenbaar. Robin, my seun, kon amper sy lewe
verloor toe n staalhek byna bo-op hom geval het. Keisha, my dogter, was
10 dae oud toe sy met longontsteking in die hospitaal opgeneem is. Die Here het
haar genees en vandag is daar geen letsels nie. Verder, wat verdrukking ookal
my familie tref, het ons altyd die versekering dat God ons sal beskerm en sal
deurdra. |
|